Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 30:20-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Alhoewel יהוה vir jou brood van ontbering en water van onderdrukking gegee het, sal jou Leermeester Homself nie langer wegsteek nie, maar jou oë sal jou Leermeester sien.Deut 5:32; Deut 17:11

21. Jou ore sal ’n woord agter jou hoor: “Hierdie is die pad, loop daarop,” wanneer julle ook al na regs of na links wil afdraai.

22. Julle sal jul gesnede beelde, oorgetrek met silwer, asook die gegote beelde, oorgetrek met goud ontreinig. Julle sal hulle verstrooi as ’n onrein ding en sê: “Weg daarmee!”

23. Dan sal Hy reën gee vir die saad wat jy in die grond sal saai en brood van die opbrengs van die grond en dit sal ryk en oorvloedig wees; op daardie dag sal jou vee op ’n ruim weiveld wei.

24. Ook die osse en die donkies wat die grond bewerk, sal gesoute voer eet, wat uitgewan is met graaf en vurk.

25. Op die dag van die groot slagting, wanneer die torings val, sal daar strome, wat met water loop, wees op elke hoë berg en op elke verhewe heuwel.

26. Die lig van die maan sal wees soos die lig van die son en die lig van die son sal sewe keer helderder wees, soos die lig van sewe dae, op die dag wanneer יהוה die breuk van sy volk opbind en die pyn van hulle wond genees.

27. Let op, die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה kom van ver af, Sy toorn brand en dig is Sy rookwolke; Sy lippe is vol verontwaardiging en Sy tong is soos ’n verterende vuur;

28. Sy asem is soos ’n oorlopende stroom wat tot by die nek kom, om die nasies heen en weer te skud in ’n sif en om die toom, wat lei tot vernietiging, in die kakebene van die volke te sit.

29. Julle sal liedere hê soos in die nag wanneer julle die fees hou en blydskap van binne soos wanneer iemand marsjeer op die fluit, om te gaan na die berg van יהוה, na die Rots van Yisra’el.

30. יהוה sal Sy stem van outoriteit laat hoor en die afkom van Sy arm laat sien in vreeslike toorn en in die vlam van ’n verterende vuur, in wolkbreuk en haelkorrels,2 Kef 3:10-12

31. want met die stem van יהוה sal Ashur bevrees wees, Hy slaan met die stok.

32. Elke hou van die lat van straf, wat יהוה op hom sal lê, sal wees met tamboeryn en siter musiek en in gevegte, met swaaiende wapens, sal Hy teen hulle veg,

33. want sy straf is lankal al gereed, inderdaad is dit vir die koning voorberei. Hy het dit diep en groot gemaak, ’n brandstapel van vuur met baie hout; soos ’n stroom van swawelvuur, steek die asem van יהוה dit aan die brand.Ps 20:8

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 30