Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 29:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wee Ari’el, Ari’el, (simboliese naam van Yerushalayim) die stad waar Dawid eens gekamp het! Voeg jaar by jaar, laat hulle die feeste hou.

2. Tog sal Ek benoudheid oor Ari’el bring en dit sal ’n geklaag en gerou wees en dit sal vir My soos ’n Ari’el (Leeu van die Magtige God) wees.

3. Ek sal kamp opslaan teen jou en jou omsingel en Ek sal beleringswerke en gevegstorings teen jou oprig.

4. Dan sal jy laag gebring word; vanaf die aarde sal jy praat en vanuit die stof waar jy platlê sal jou woorde kom. Jou stem sal wees soos die van ’n gees vanuit die grond en jou stem sal fluister vanuit die stof,

5. maar die menigte van jou vyande sal word soos fyn stof en die menigte van die gewetenloses soos die kaf wat wegwaai; dit sal gou, onverwags gebeur.

6. Vanaf יהוה-Tzva’ot sal jy gestraf word met donder en aardbewing en groot geraas, warrelwind en storm en die vlam van ’n verterende vuur.

7. Die menigte van al die nasies wat oorlog maak teen Ari’el, almal wat teen hom en sy vesting oorlog maak en hom benoud maak, sal soos ’n droom wees, ’n visioen van die nag.

8. Dit sal wees soos wanneer ’n honger man droom dat hy eet, maar wanneer hy wakker word is sy honger nie versadig nie, of soos wanneer ’n dors man droom dat hy drink, maar wanneer hy wakker word, let op, hy is moeg en sy dors is nie geles nie. Só sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog maak teen die berg Tziyon.

9. Hulle is stomgeslaan en verblind, hulle word gepla en steier; hulle word dronk, maar nie van wyn nie; hulle steier, maar nie van sterk drank nie,Deut 29:3,4; Yes 6:9; Yeg 12:2; Mat 13:14,15; Yog 12:40; Rom 11:8 die sieners, wat die geheime sien, toegemaak.

10. want יהוה het ’n gees van diepe slaap oor hulle uitgegooi en dit het hulle oë, asook die oë van die profete en heersers,

11. Die hele visioen sal vir julle wees soos die woorde van ’n geseëlde boek wat, wanneer hulle dit vir iemand gee wat kan lees en sê: “Lees hierdie asseblief,” sal hy sê: “Ek kan nie, want dit is geseël.”

12. Dan sal die boek vir iemand gegee word wat nie kan lees nie, met die woorde: “Lees hierdie asseblief,” en hy sal sê: “Ek kan nie lees nie.”Mat 15:8,9; Mar 7:6,7

13. Toe het יהוה gesê: “Omdat hierdie volk naderkom met hulle woorde en My eer met hulle lippediens, maar hulle hul verstand, wil en emosie ver van My verwyder is en hulle respekvolle vrees vir My uit ’n aangeleerde tradisie bestaan;Luk 10:21; 1 Kor 1:19

14. let op, sal Ek weereens wonderlik handel met hierdie volk, wonderbaarlik wonderlik en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan en die onderskeiding van hul onderskeidende manne sal weggesteek word.”

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 29