Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 28:20-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Die bed is te kort om op uit te strek en die kombers te klein om jouself in toe te draai,

21. want יהוה sal opstaan soos by die berg P’ratzim; Hy sal opgewerk wees soos in die vallei van Giv’on om Sy taak uit te voer, Sy ongewone taak en om Sy werk te verrig, Sy uitsonderlike werk!

22. Gedra julle nou nie soos spotters nie, of julle bande sal sterker gemaak word, want ek het van die Meester, יהוה-Tzva’ot, gehoor van ’n vasgestelde vernietiging oor die hele aarde.

23. Gee gehoor en hoor my stem; luister en hoor my boodskap!

24. Ploeg die boer voortdurend om te saai? Skeur hy sy akker voortdurend oop en eg die grond?

25. Maak hy nie die oppervlak gelyk en saai vinkel, strooi komyn, plant koring in rye en gars in hulle plek en rog om sy rand, nie?

26. Want sy God gee hom instruksies volgens diskressie en leer hom behoorlik,

27. want vinkel word nie met die slee gedors nie en die wawiel word nie oor komyn gerol nie, maar vinkel word uitgeslaan met ’n staf en komyn met ’n stok.

28. Broodkoring word fyn gestamp, inderdaad hou hy nie aan om dit te dors nie, want die wawiel en die perde beskadig dit, hy stamp dit nie verder nie.

29. Ook dit kom van יהוה-Tzva’ot, wat Sy raadgewing wonderbaar gemaak het en Sy wysheid groot.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 28