Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 28:12-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Hy wat aan hulle gesê het: “Hier is rus, gee rus aan die vermoeides” en “hier is verfrissing,” maar hulle wou nie luister nie.

13. So sal die woord van יהוה vir hulle wees: “Vuilheid is op vuilheid, vuilheid op vuilheid, braaksel is op braaksel, braaksel op braaksel, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie” sodat hulle kan gaan en agteruit struikel, gebreek word, in ’n strik val en gevang word.

14. Hoor daarom die Woord van יהוה, julle spotters, wat heers oor hierdie volk wat in Yerushalayim is

15. omdat julle gesê het: “Ons het ’n verbond met die dood gesluit en met Sh’ol het ons ’n verdrag aangegaan. Die oorweldigende gésel sal ons nie bereik wanneer Hy verbykom nie, want ons het valsheid ons skuilplek gemaak en onsself in misleiding weggesteek;”Rom 9:33; 1 Kef 2:6

16. daarom, so sê die Meester יהוה: “Let op, Ek lê in Tziyon ’n Steen, ’n beproefde Steen, ’n duur Hoeksteen vir die fondasie, stewig neergesit. Hy wat daarin vertrou, sal nie bang wees nie.

17. Ek sal die regverdige oordeel tot ’n maatband maak en onpartydige opregtheid die waterpas; dan sal hael die skuiling van leuens wegvee en die waters die geheime plek oorspoel.

18. Julle verbond met die dood sal gekanselleer word en julle verdrag met Sh’ol nie staan nie; wanneer die oorweldigende gésel deurtrek, sal julle deur Hom vertrap word.

19. So dikwels as wat hy deurtrek, sal Hy julle gryp, want oggend na oggend sal Hy deurtrek, dag of nag en dit sal suiwer angs wees om te verstaan wat dit beteken.”

20. Die bed is te kort om op uit te strek en die kombers te klein om jouself in toe te draai,

21. want יהוה sal opstaan soos by die berg P’ratzim; Hy sal opgewerk wees soos in die vallei van Giv’on om Sy taak uit te voer, Sy ongewone taak en om Sy werk te verrig, Sy uitsonderlike werk!

22. Gedra julle nou nie soos spotters nie, of julle bande sal sterker gemaak word, want ek het van die Meester, יהוה-Tzva’ot, gehoor van ’n vasgestelde vernietiging oor die hele aarde.

23. Gee gehoor en hoor my stem; luister en hoor my boodskap!

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 28