Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 27:6-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. In die dae wat kom, sal Ya’akov wortel skiet, Yisra’el sal bloei en uitspruit en hulle sal die hele wêreld met vrugte vul.

7. Het יהוה die onderdrukker geslaan soos wat hy dié slaan wat hom geslaan het? Of word hulle gedood soos dié wat deur die slagting deur hom gedood is?

8. U het met hulle geworstel deur hulle te verban, deur hulle weg te dryf. Met Sy sterk wind het Hy hulle uitgedryf op die dag van die oostewind.Rom 11:25-27

9. Die wetsoortreding van Ya’akov sal daarom hierdeur vergewe wees en dit sal die volle prys wees van die vryspraak van sy sonde: wanneer hy al die altaarklippe maak soos verkrummelde kalkklippe; wanneer die Asherahs, afgode en wierookaltare nie meer regop sal staan nie,

10. want die versterkte stad is afgesny, ’n woning wat ontvolk en verlate is soos die woestyn; daar sal die kalwers wei en daar sal hulle lê en sy gras eet.

11. Wanneer sy takke verdor is, word hulle afgebreek; vroue kom en maak ’n vuur daarmee, want hulle is nie ’n volk van onderskeiding nie; daarom sal hulle Maker nie vir hulle omgee nie en sal hulle Skepper nie vir hulle onverdiende guns bewys nie.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 27