Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 27:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In dié dag sal יהוה die livyatan, die deurborende reptiel, ja, livyatan, die kronkelende reptiel, met Sy vreeslike, groot en magtige swaard straf en Hy sal die draak doodmaak wat in die see is.

2. In daardie dag: “Sing van ’n wingerd van wyn!

3. Ek, יהוה, is sy Versorger: Ek sal dit elke oomblik water gee; Ek bewaak dit nag en dag sodat niemand dit kan beskadig nie.

4. Ek het geen toorn nie. Sou iemand My dorings of distels gee in die geveg, sou Ek daarop trap, dit volkome verbrand;

5. of laat hom onveranderlik vashou aan My beskerming, Ek sal vir hom vrede maak, vrede sal Ek vir hom gee.”

6. In die dae wat kom, sal Ya’akov wortel skiet, Yisra’el sal bloei en uitspruit en hulle sal die hele wêreld met vrugte vul.

7. Het יהוה die onderdrukker geslaan soos wat hy dié slaan wat hom geslaan het? Of word hulle gedood soos dié wat deur die slagting deur hom gedood is?

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 27