Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 25:5-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Soos hitte tydens droogte, onderdruk U die oproer van vreemdes; soos hitte deur die skaduwee van ’n wolk word die lied van die gewetenlose stil gemaak.Open 19:6,7

6. יהוה-Tzva’ot sal op hierdie berg vir al die volke ’n oorvloedige feesmaal voorberei; ’n feesmaal van verouderde en ryk wyne, van die dinge wat behoort aan ons hemelse Verlosser en die Magtige Een.

7. Hy sal ook die invloed en aansien van die regeerder wat oor al die volke geheers het, op hierdie berg vernietig, as gevolg van die slagting onder al die nasies.1 Kor 15:54 en die Meester, יהוה-Tzva’ot, sal die trane van alle gesigte af afvee en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af verwyder, want יהוה het gepraat.Open 21:4

8. Hy sal dood vir alle tye insluk in oorwinning

9. Dit sal in daardie dag gesê word: “Let op, hierdie is ons God vir Wie ons gewag het dat Hy ons kan red. Dit is יהוה vir Wie ons gewag het; ons sal in die rondte swaai van vreugde oor Hom en ons verheug in Sy redding,”

10. want die hand van יהוה sal rus op hierdie berg en Mo’av sal vertrap word in sy plek soos strooi vertrap word in die water van ’n mishoop

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 25