Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 24:11-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Daar is ’n geskree oor wyn op die strate; alle blydskap verander in mismoedigheid, die vreugde is van die aarde af verban.

12. Verlatenheid het in die stad oorgebly en die poort is tot ’n puinhoop stukkend geslaan,

13. want so sal dit wees op die aarde, tussen die mense, soos die skud van ’n olyfboom, soos die na-oes as die druiwe-oes verby is.

14. Hulle lig hulle stem op, hulle skree van vreugde; hulle skree uit vanaf die weste aangaande die majesteit van יהוה.

15. Bring daarom lof en eer aan יהוה in die ooste, aan die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, die God van Yisra’el, in die kuslande van die see!’Open 22:11

16. Van die einde van die aarde af hoor ons liedere, selfs lof en eer aan die Regverdige Een, maar ek sê: “Weë my, weë my, dit is ‘n raaisel vir my! Die verraderlikes handel vals; valser en valser.

17. Angs, die kuil en die strik konfronteer jou, o inwoner van die aarde!

18. Dan sal dit wees dat hy wat vlug vir die verslag van die ramp, in die kuil sal val en hy wat uit die kuil uitklim, sal in die strik gevang word, want die vensters bo is oopgemaak en die fondamente van die aarde skud.

19. Die aarde word heeltemal opgebreek, die aarde word geheel en al oopgebreek, die aarde word uitermate geskud.

20. Die aarde slinger heen en weer soos ’n dronkaard en word geskud soos ’n pondok, want sy wetsoortreding is swaar op hom en hy sal val om nooit weer op te staan nie.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 24