Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 23:13-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Let op, die land van die Kasdeërs; dit is die volk wat nie was nie; Ashur het dit bestem vir woestyngediertes; hulle het hul beleëringstorings opgerig, hul paleise gestroop, dit ’n puinhoop gemaak.

14. Huil, o skepe van Tarshish, want julle vesting is verwoes!

15. In daardie dag sal Tzor vergeet word vir sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tzor gebeur volgens die lied van die hoer:

16. “Vat die harp, gaan rond in die stad, o vergete hoer! Speel die snare bekwaam, sing baie liedere sodat jy onthou kan word.”

17. Dit sal gebeur aan die einde van sewentig jaar dat יהוה Tzor sal besoek. Dan sal sy terugkeer na haar hoereloon en hoereer met al die koninkryke wat op die aardbodem is.Yeg 28

18. Haar wins en haar hoereloon sal tot יהוה afgesonder word; dit sal nie opgehoop of gebêre word nie, maar haar wins sal voldoende kos en keur klere word vir die wat in die Teenwoordigheid van יהוה loop.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 23