Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 21:5-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hulle dek die tafel, gooi die lap oor, hulle eet, hulle drink: “Staan op, bevelvoerders, salf die skilde,”

6. want so sê יהוה vir my: “Gaan, plaas die brandwag, laat hom rapporteer wat hy sien.

7. Wanneer hy ‘n strydwa sien, ‘n paar perderuiters, ’n ruiter op ‘n donkie en ’n ruiter op ‘n kameel, laat hom ernstig aandag gee, baie ernstig.”

8. Toe het die brandwag geroep: “O יהוה, ek staan voortdurend op die wagtoring in die dag en ek is op my wagpos elke nag.Open 14:8

9. Nou, let op, hier kom een van die paar perderuiters en hy het gesê: ‘Geval, Bavel het geval en al die beelde van haar gode is stukkend op die grond’.”

10. O my gedorstes en geteisterdes van die dorsvloer, wat ek gehoor het van יהוהTzva’ot, die God van Yisra’el, maak ek aan julle bekend!

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 21