Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 2:5-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Kom, huis van Ya’akov en laat ons loop in die Lig van יהוה,

6. want U het U volk verwerp, die huis van Ya’akov omdat hulle, soos die F’lishtyne, vol invloede van die ooste is, waarsêers is en ooreenkomste met die seuns van vreemdes maak.Deut 17:16; Yes 31:1,3

7. Hulle land is vol gemaak met silwer en goud en daar is geen einde aan hulle skatte nie; hulle land is ook vol perde gemaak en daar is geen einde aan hulle strydwaens nie.

8. Hulle land is ook vol afgode gemaak; hulle buig neer voor die werk van hul hande, dit wat hulle vingers gemaak het.

9. Die gewone mens is nederig gemaak en die belangrike man verneder; vergewe hulle daarom nie.

10. Gaan in die rots in en kruip weg in die grond vir die verskrikking van יהוה en vir die grootheid van Sy majesteit.

11. Die trotse kyk van die mens sal verneder word en die hoogheid van die mens nederig gemaak word en יהוה alleen sal in dié dag verhoog word,Open 6:17

12. want יהוה-Tzva’ot sal ’n dag van rekenskap hê vir elkeen wat trots en hoogmoedig is sodat hy verneder kan word; teen elkeen wat verhewe is

13. en teen al die hoë en verhewe seders van die L’vanon en oor al die eikebome van Bashan;

14. teen al die hoë berge en teen al die verhewe heuwels;

15. teen elke hoë toring, teen elke versterkte muur;

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 2