Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 14:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wanneer יהוה omgee sal wys oor Ya’akov en Yisra’el weer sal kies en hulle in hul eie land vestig, dan sal vreemdelinge hulle by hul voeg en hulleself verbind tot die huis van Ya’akov.

2. Hulle sal die volke saamvat en na hul plek bring en die huis van Yisra’el sal hulle besit as ’n erfenis in die land van יהוה, as slawe en slavinne; hulle sal dié gevange neem wat hulle as gevangenes weggevoer het en oor hulle onderdrukkers heers.

3. Dit sal wees op die dag wanneer יהוה jou rus gee van jou smart, jou rusteloosheid en van die harde diens waaraan julle verslaaf is

4. dat jy hierdie spreuk teen die koning van Bavel sal begin en sê: “Hoe het die onderdrukker opgehou, die ywerige het opgehou!

5. יהוה het die staf van die bose oortreder verbreek, die septer van die heersers,

6. wat die volke in raserny met onophoudelike slae geslaan het, wat die nasies in woede onderdruk het met onbeteuelde vervolging.

7. Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in uitroepe van blydskap.

8. Selfs die sipresbome en die seders van die L’vanon is bly oor jou en hulle sê: ‘Sedert jy afgebring is, kom geen snyer teen ons op nie.’

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 14