Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 9:5-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Aan die ander sê Hy egter voor my ore: “Gaan agter hom aan deur die stad en slaan dood; moenie dat julle oog jammerte hê nie en moenie spaar nie.

6. Slaan volkome dood; ou manne, jong manne, jong meisies, klein kindertjies en vroue, maar moet aan niemand raak op wie die teken is nie en julle moet begin by My Afgesonderde Plek.” Hulle het begin by die oudstes wat voor die tempel was.

7. Hy het vir hulle gesê: “Onteer die tempel en maak die howe vol met die dooies. Gaan uit!” So het hulle uitgegaan en in die stad doodgeslaan.

8. Terwyl hulle doodslaan en ek oorgebly het, het ek op my gesig neergeval en uitgeroep en gesê: “Ag, יהוה-God! Vernietig U almal wat oorgebly het van Yisra’el deur U toorn op Yerushalayim uit te gooi?”

9. Toe sê Hy vir my: “Die oortredinge van die huis van Yisra’el en van Y’hudah is baie, baie groot en die land is gevul met bloed en die stad is vol perversie, want hulle sê: ‘יהוה het die land verlaat en יהוה sien nie.’

10. Wat My betref, My oog sal nie jammerte hê nie en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal hulle optrede op hulle koppe afbring.”

11. Toe, let op, het die man wat in linne aangetrek was, aan wie se heupe die skrywer se inkhouer was, rapporteer en gesê: “Ek het gedoen net soos U my beveel het.”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 9