Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 8:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hy het vir my gesê: “Seun van ’n mens, grawe nou deur die muur.” Ek het deur die muur gegrawe en let op, ’n ingang.

9. Hy het vir my gesê: “Gaan in en sien die bose verwerplikhede wat hulle hier doen.”

10. Ek het ingegaan en gekyk en let op, elke vorm van kruipende ding en wilde diere, verwerplike dinge, saam met al die afgode van die huis van Yisra’el is op die mure reg rondom uitgekerf.

11. Voor hulle het sewentig oudstes van die huis van Yisra’el gestaan, met Ya’azanyahu, die seun van Shafan, tussen hulle, elkeen met sy wierookpot in sy hand en die geur van die wolk van wierook het opgestyg.

12. Toe sê Hy vir my: “Het jy gesien, seun van ’n mens, wat die oudstes van die huis van Yisra’el in die donkerte doen, elkeen in sy kamer van uitgekerfde beelde? Want hulle dink: ‘יהוה sien ons nie; יהוה het die land verlaat.’”

13. Hy sê ook vir my: “Tog sal jy nog groter verwerplikhede sien wat hulle doen.”

14. Toe het Hy my gebring na die noordelike ingang van die poort van die huis van יהוה en let op, vroue het daar gesit en huil vir Tammuz.

15. Hy sê vir my: “Het jy dit gesien, seun van ’n mens? Tog sal jy nog groter verwerplikhede sien as hierdie.”Yeg 43:8

16. Toe bring Hy my in die binneste hof van die huis van יהוה en let op, by die ingang van die tempel van יהוה, tussen die portaal en die altaar, was daar omtrent vyf en twintig manne, met hulle rug na die tempel van יהוה en hulle gesig na die ooste toe en hulle het hulself ooswaarts voor die son neergebuig.

17. Hy sê vir my: “Het jy dit gesien, seun van ’n mens? Is dit te gering vir die huis van Y’hudah om die verwerplikhede te doen wat hulle hier gedoen het? Hulle het die land met geweld gevul en My herhalend getart, want let op, hulle sit die tak by hulle neus (trek die neus op) vir My!

18. Ék sal daarom inderdaad in toorn handel; My oog sal geen jammerte hê nie, Ek sal nie spaar nie en al roep hulle hardop uit in My ore, nogtans sal Ek nie na hulle luister nie.”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 8