Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 6:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, draai jou gesig teen die berge van Yisra’el en profeteer teen hulle

3. en sê: ‘Berge van Yisra’el, hoor en luister na die woord van יהוה-God! So sê יהוהGod vir die berge, die heuwels, die klowe en vir die valleie: “Let op, Ek gaan self ’n swaard oor julle bring en Ek sal julle hoë plekke vernietig.

4. So sal julle altare verlate word en julle wierook altare stukkend gebreek word en Ek sal die wat uit julle doodgemaak is, voor julle afgode laat val.

5. Ek sal ook die lyke van die seuns van Yisra’el voor hulle afgode neerlê en julle beendere rondom julle altare strooi.

6. In al julle blyplekke sal stede verwoes word en die hoë plekke verlate wees sodat julle altare verwoes en verlate mag word, julle afgode verbreek en tot ’n einde gebring word, julle wierook altare omgekap en julle werke uitgewis word.

7. Die wat doodgeslaan is, sal onder julle val en julle sal weet dat Ek יהוה is.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 6