Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 48:7-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. langs die grens van Re’uven, vanaf die oostekant tot by die westekant: Y’hudah, een deel;

8. langs die grens van Y’hudah, vanaf die oostekant tot by die westekant, moet die toedeling wees wat julle moet afsonder: vyf en twintig duisend el breed en net so lank soos een van die dele, vanaf die oostekant tot by die westekant en die Afgesonderde Plek moet in die middel daarvan wees.

9. Die toedeling wat julle tot יהוה moet afsonder, moet vyf en twintig duisend el lank wees en tien duisend breed.

10. Die afgesonderde toedeling sal wees vir die priesters: teen die noorde vyf en twintig duisend el in lengte, teen die weste tien duisend in breedte, teen die ooste tien duisend in breedte en teen die suide vyf en twintig duisend in lengte en die Afgesonderde Plek van יהוה moet in die middel daarvan wees.1 Kro 29:22 wees, wat My bevele onderhou het, wat nie afgedwaal het toe die seuns van Yisra’el afgedwaal het saam met die Leviete nie.

11. Dit moet vir die priesters wat afgesonder is, die seuns van Tzadok,

12. Dit moet ’n toedeling aan hulle wees vanuit die toedeling van die land, ’n mees afgesonderde plek, by die grens van die Leviete.

13. Langs die grens van die priesters moet die Leviete vyf en twintig duisend el in lengte en tien duisend in breedte kry. Die hele lengte moet vyf en twintig duisend wees en die breedte tien duisend.

14. Meer nog, hulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, of hierdie beste van die land vervreem nie, want dit is afgesonderd tot יהוה.

15. Die wat oorbly, vyf duisend in die breedte en vyf en twintig duisend in die lengte, sal wees vir algemene gebruik van die stad, vir blyplek en oop spasies en die stad moet in die middel daarvan wees.

16. Hierdie is sy afmetings: die noordekant, vier duisend vyf honderd el; die suidekant, vier duisend vyf honderd el; die oostekant, vier duisend vyf honderd el en die westekant, vier duisend vyf honderd el.

17. Die stad moet oop areas hê: teen die noorde, twee honderd en vyftig el; teen die suide, twee honderd en vyftig el; teen die ooste, twee honderd en vyftig el en teen die weste, twee honderd en vyftig el.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 48