Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 47:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het hy my teruggebring na die deur van die huis en let op, water het van onder die drumpel van die huis, na die ooste toe, gevloei en die water het afgevloei van onder, van die regterkant van die huis af, vanaf suid van die altaar.

2. Hy het my uitgebring deur die Noordpoort en my aan die buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk en let op, water het gesyfer vanaf die suidekant.

3. Toe die man na die ooste uitgegaan het met ’n meetlyn in sy hand, het hy ’n duisend el gemeet en hy het my deur die water gelei en dit was enkel diep.

4. Weer het hy ’n duisend gemeet en my deur die water gelei en dit was op tot by die knieë. Weer het hy ’n duisend gemeet en my deur gelei en dit was op tot by die heupe.

5. Weer het hy ’n duisend gemeet en dit was ’n stroom wat niemand kon deurgaan nie, want die water het so hoog gerys en die stroom so sterk geword dat niemand kon deurgaan nie.

6. Hy het vir my gesê: “Seun van ’n mens, het jy dit gesien?” Toe het hy my teruggebring na die wal van die rivier toe.

7. Nadat ek teruggegaan het, let op, was daar baie bome op die walle van die rivier, aan die een kant en aan die ander.

8. Toe het hy vir my gesê: “Hierdie waters wat uitgaan in die rigting van die oostelike streek en afvloei na die Vlakte (Aravah), sal in die see invloei en meng met die stagnante water en dit vars maak.

9. Dit sal gebeur dat al die lewende wesens wat wemel in elke plek waar die rivier kom, sal lewe en daar sal vreeslik baie visse wees omdat hierdie water daarheen gaan en dié vars word; so sal alles lewe waar die rivier gaan.

10. Dit sal gebeur dat vissers langs dit sal staan; vanaf `Ein-Gedi tot by `Ein-`Eglayim sal daar ’n plek wees vir die uitsprei van nette. Hulle visse sal volgens hulle spesies wees, soos die visse van die Groot See, vreeslik baie,

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 47