Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 45:14-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. en die voorgeskrewe deel van olie: van ’n bat olie, ’n tiende van ’n bat uit ’n kor, dit is tien bat of ’n homer, want tien bat is ’n homer.

15. Een skaap uit ’n trop van twee honderd vanaf die waterdrinkplekke van Yisra’el; as graanoffer, brandoffer en vredesoffers om toedekking te doen vir hulle,” verklaar יהוה-God.

16. “Al die mense van die land moet aan die prins in Yisra’el vir hierdie offer gee.

17. Dit sal die prins se deel wees om die brandoffers, die graanoffers en die drankoffers op die feeste en op die Nuwemane en op die Shabbatte, op al die aangestelde feeste van die huis van Yisra’el, te voorsien; hy moet die sondoffer, die graanoffer, die brandoffer en die vredesoffers voorsien, om toedekking te doen vir die huis van Yisra’el.”

18. So sê יהוה-God: “In die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy ’n jong bul sonder gebrek vat en die Afgesonderde Plek reinig.

19. Die priester moet van die bloed van die sondoffer vat en dit aan die deurposte van die huis sit, aan die vier hoeke van die rand van die altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste hof.

20. Jy moet so maak op die sewende van die maand vir die wat verkeerd doen of afdwaal; so moet julle dan toedekking doen vir die huis.

21. In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, moet julle die Pesag hê; ’n fees van sewe dae; ongesuurde brood moet geëet word.

22. Op daardie dag moet die prins vir homself en vir die hele volk ’n bul voorsien as ’n sondoffer.

23. Tydens die sewe dae van die fees moet hy daagliks ’n brandoffer aan יהוה voorsien: sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek en daagliks ’n bokram as sondoffer.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 45