Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 40:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hy het die stoep van die poort gemeet: agt el en sy sypilare: twee el; die stoep van die poort was aan die binnekant.

10. Daar was drie wagkamers by die poort na die ooste aan elke kant; al drie het dieselfde afmetings gehad. Die sypilare, weerskante, het ook dieselfde afmetings gehad.

11. Hy het die wydte van die poort-ingang gemeet: tien el; die lengte van die poort: dertien el.

12. Daar was ’n afskortingsmuur voor die wagkamers van een el aan elke kant en die wagkamers was ses el aan elke kant.

13. Hy het die poort gemeet vanaf die dak van die een wagkamer tot by die dak van die ander: ’n breedte van vyf en twintig el, vanaf deur tot deur.

14. Hy het die sypilare sestig el hoog gemaak; die poort het omgeloop tot by die sypilaar van die hof.

15. Vanaf die voorkant van die ingangspoort tot by die voorkant van die binnestoep van die poort: vyftig el.

16. Daar was geluikte vensters in die rigting van die wagkamers en in die rigting van die sypilare reg rondom; net so ook na die stoepe; daar was ook vensters reg rondom aan die binnekant en op elke sypilaar was palmboom ornamente.

17. Toe het hy my in die buitenste hof gebring en let op, daar was kamers en ’n plaveisel reg rondom vir die hof gemaak; dertig kamers het na die plaveisel toe gekyk.

18. Die plaveisel, (die laer plaveisel), was langs die poorte, ooreenkomstig die lengte van die poorte.

19. Toe het hy die breedte gemeet vanaf die voorkant van die laer poort tot voor die buitekant van die binneste hof: een honderd el, aan die ooste en aan die noordekant.

20. Aangaande die poort van die buitenste hof wat na die noorde lê, het hy sy lengte en sy breedte gemeet.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 40