Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 40:16-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Daar was geluikte vensters in die rigting van die wagkamers en in die rigting van die sypilare reg rondom; net so ook na die stoepe; daar was ook vensters reg rondom aan die binnekant en op elke sypilaar was palmboom ornamente.

17. Toe het hy my in die buitenste hof gebring en let op, daar was kamers en ’n plaveisel reg rondom vir die hof gemaak; dertig kamers het na die plaveisel toe gekyk.

18. Die plaveisel, (die laer plaveisel), was langs die poorte, ooreenkomstig die lengte van die poorte.

19. Toe het hy die breedte gemeet vanaf die voorkant van die laer poort tot voor die buitekant van die binneste hof: een honderd el, aan die ooste en aan die noordekant.

20. Aangaande die poort van die buitenste hof wat na die noorde lê, het hy sy lengte en sy breedte gemeet.

21. Dit het drie wagkamers aan elke kant gehad en sy sypilare en sy stoepe het dieselfde afmeting gehad as die eerste poort: vyftig el sy lengte en vyf en twintig el die breedte.

22. Sy vensters, sy stoepe en sy palmboom ornamente het dieselfde afmetings gehad as die poort wat na die ooste kyk; dit kon bereik word deur sewe trappe en sy stoep was voor hom.

23. Die binneste hof het ’n poort oorkant die poort na die noorde sowel as na die ooste en hy het ’n honderd el gemeet van poort tot poort.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 40