Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 38:9-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Jy sal opgaan, jy sal kom soos ’n storm; jy sal wees soos ’n wolk wat die land oordek, jy, al jou troepe en baie volke saam met jou.”

10. So sê יהוה-God: “Dit sal gebeur in daardie dag dat daar gedagtes in jou denke sal opkom en jy sal ’n bose plan beraam

11. en sê: ‘Ek sal opgaan teen die land van ongemuurde dorpe. Ek sal teen hulle opgaan wat rustig is, wat in veiligheid woon; almal van hulle bly sonder muur met geen grendels of poorte nie;

12. om buit te maak en plunder te vat, om jou hand te draai teen die puinhope wat weer bewoon is en teen die mense wat vanuit die nasies versamel is, wat vee en goedere verkry het, wat in die middel van die aarde woon.’

13. Sh’va, D’dan, die handelaars van Tarshish en al sy dorpies sal vir jou sê: ‘Kom jy om buit te maak? Het jy jou menigte bymekaar laat kom om plunder te vat, om silwer en goud weg te dra, om vee en goedere weg te vat, om ’n groot buit te maak?’”’

14. Profeteer daarom, o seun van ’n mens en sê vir Gog: ‘So sê יהוה-God: “Op daardie dag wanneer My volk Yisra’el veilig bly, sal jy dit nie weet nie?

15. Jy sal kom uit jou plek, vanuit die uiterste plekke van die noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, ’n groot menigte en ’n magtige leër

16. en jy sal soos ’n wolk die land toedek teen My volk Yisra’el. Dit sal gebeur in die laaste dae sodat Ek jou teen My land sal bring sodat die nasies My kan ken wanneer Ek My deur jou, o Gog, voor hulle oë laat afsonder.”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 38