Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 38:16-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. en jy sal soos ’n wolk die land toedek teen My volk Yisra’el. Dit sal gebeur in die laaste dae sodat Ek jou teen My land sal bring sodat die nasies My kan ken wanneer Ek My deur jou, o Gog, voor hulle oë laat afsonder.”

17. So sê יהוה-God: “Is jy die een van wie Ek in die vroeër dae gepraat het deur My knegte, die profete van Yisra’el, wat in daardie dae geprofeteer het, vir jare, dat Ek jou teen hulle sal bring?

18. Dit sal gebeur op daardie dag, wanneer Gog teen die land van Yisra’el kom,” verklaar יהוה-God, “dat My toorn sal opbou in My woede.

19. In My ywer en in My brandende toorn verklaar Ek dat daar sekerlik op daardie dag ’n groot aardbewing sal wees in die land van Yisra’el.

20. Die visse van die see, die voëls van die hemel, die wilde diere van die veld, al die gediertes wat op die grond kruip en al die mense wat op die aarde is sal bewe in My Teenwoordigheid; die berge sal ook neergegooi word, die steil paadjies sal inmekaarstort en al die mure sal op die grond neerval.

21. Ek sal roep vir ’n swaard teen hom op al My berge,” verklaar יהוה-God. “Elke man se swaard sal teen sy broer wees.Open 19:20; Open 20:9

22. Ek sal in die oordeel met hom tree met pes en met bloed en Ek sal ’n geweldige stortreën, met haelstene, vuur en swael op hom, op sy leërs en op die baie volke wat saam met hom is, laat reën.

23. Ek sal Myself verhef, Myself afsonder en Myself bekendmaak voor die oë van baie nasies en hulle sal weet dat Ek יהוה is.’”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 38