Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 36:6-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. daarom, profeteer oor die land van Yisra’el en praat tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die valleie: “So sê יהוה-God: ‘Let op, Ek het in My jaloesie en in My toorn gepraat omdat julle die smaad van die nasies gedra het;’

7. daarom, so sê יהוה-God: ‘Ek het gesweer dat die nasies rondom sekerlik self hulle smaad sal dra,

8. maar julle, o berge van Yisra’el, sal julle takke uitsteek en julle vrugte dra vir My volk Yisra’el, want hulle sal gou kom,

9. want let op, Ek is vir julle en Ek sal na julle toe draai en julle sal bewerk en besaai word.

10. Ek sal mense op jou vermenigvuldig, die hele huis van Yisra’el, almal; die stede sal bewoon wees en die puinhope opgebou.

11. Ek sal mens en dier op jou vermenigvuldig; hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees en Ek sal jou laat bewoon word soos wat jy vroeër was en jou beter behandel as aan die begin. So sal julle weet dat Ek יהוה is.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 36