Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 36:3-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. profeteer daarom en sê: ‘So sê יהוה-God: “Met goeie rede het hulle jul verlate gemaak en julle van alle kante af vergruis sodat julle ’n besitting vir die res van die nasies kan word en julle opgeneem word in die praat en fluistering van die volke;”’”

4. daarom, o berge van Yisra’el, hoor en doen die woord van יהוה-God. So sê יהוהGod tot die berge en tot die heuwels, tot die klowe en tot die valleie, tot die verlate puinhope en tot die verlate stede wat ’n buit en ’n spot geword het vir die res van die nasies wat rondom is,

5. so sê יהוה-God: “Ek het sekerlik in die vuur van My jaloesie teen die res van die nasies gepraat en teen die hele Edom wat My land vir hulleself as erfenis opgedeel het. Met die vreugde van hulle verstand, wil en emosie het hulle die mense verag, om hulle uit te dryf as gevangenes en hulle te plunder;”

6. daarom, profeteer oor die land van Yisra’el en praat tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die valleie: “So sê יהוה-God: ‘Let op, Ek het in My jaloesie en in My toorn gepraat omdat julle die smaad van die nasies gedra het;’

7. daarom, so sê יהוה-God: ‘Ek het gesweer dat die nasies rondom sekerlik self hulle smaad sal dra,

8. maar julle, o berge van Yisra’el, sal julle takke uitsteek en julle vrugte dra vir My volk Yisra’el, want hulle sal gou kom,

9. want let op, Ek is vir julle en Ek sal na julle toe draai en julle sal bewerk en besaai word.

10. Ek sal mense op jou vermenigvuldig, die hele huis van Yisra’el, almal; die stede sal bewoon wees en die puinhope opgebou.

11. Ek sal mens en dier op jou vermenigvuldig; hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees en Ek sal jou laat bewoon word soos wat jy vroeër was en jou beter behandel as aan die begin. So sal julle weet dat Ek יהוה is.

12. Ja, Ek sal mense, My volk Yisra’el, op julle laat loop en jul besit sodat julle hul erfenis kan word en hulle nooit weer van kinders ontneem nie.’

13. So sê יהוה-God: ‘Omdat hulle vir julle sê: “Jy is ’n mensvreter en het jou nasie van kinders beroof,”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 36