Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 34:7-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. daarom, julle herders, hoor en doen die woord van יהוה:

8. “So waar as Ek leef,” verklaar יהוה-God, “omdat My skape ’n prooi geword het, selfs kos vir al die wilde diere van die veld, weens die gebrek aan ’n herder en My herders nie na My skape gesoek het nie, maar die herders hulleself gevoed en nie My skape gevoed het nie,

9. hoor en luister julle herders daarom na die woord van יהוה:

10. ‘So sê יהוה-God: “Let op, Ek is teen die herders en Ek sal My skape van hulle af eis en hulle laat ophou om skape te voed. Die herders sal hulleself nie meer voed nie, maar Ek sal My skape uit hulle mond bevry sodat dit nie vir hulle as kos sal wees nie,”’”

11. want so sê יהוה-God: “Let op, Ek sal self soek na My skape en hulle opsoek.

12. Soos ’n herder vir sy trop skape sorg op die dag wanneer hy tussen sy verstrooide skape is, so sal Ek vir My skape op ’n bewolkte en donker dag sorg en hulle bevry uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is.

13. Ek sal hulle uitbring uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land en Ek sal hulle voed op die berge van Yisra’el, by die strome en in al die bewoonde plekke van die land.

14. Ek sal hulle in ’n goeie weiveld voed en hulle weiplek sal op die berghoogtes van Yisra’el wees. Daar sal hulle lê op goeie weiplek en eet in ryk weivelde op die berge van Yisra’el.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 34