Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 34:19-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Moet My skape eet wat julle met jul pote vertrap het en drink wat julle met jul pote vertroebel het?’”

20. יהוה-God sê daarom vir hulle: “Let op, Ek, ja Ek sal oordeel tussen die vet skape en die maer skape.

21. Omdat hulle met sye en skouers stoot en met hulle horings na al die swakkes stamp totdat hulle hul na buite verstrooi het,

22. sal Ek My skape bevry en hulle sal nie langer ’n prooi wees nie en Ek sal oordeel tussen een skaap en ’n ander,Yog 10:11; Open 7:17

23. dan sal Ek een Herder oor hulle aanstel, My Dienskneg Dawid en hy sal hulle voed; Hy sal hulle self voed en hulle Herder wees.

24. Ek, יהוה, sal hulle God wees en My Kneg, Dawid, sal ’n Prins onder hulle wees; Ek, יהוה, het gepraat.

25. Ek sal ’n verbond van vrede met hulle sluit en die skadelike diere uit die land uitskakel sodat hulle veilig in die wildernis kan bly en slaap in die woude.

26. Ek sal hulle en die plekke rondom My heuwel ’n seën maak en Ek sal stortreëns laat afkom in sy seisoen; dit sal stortreëns van seën wees.

27. Die bome van die veld sal ook hulle vrugte gee en die grond sy opbrengs en hulle sal veilig wees in hul land, dan sal hulle weet dat Ek יהוה is, wanneer Ek die skeie van hulle juk stukkend gebreek en hulle bevry het uit die hand van die wat hulle slawe gemaak het.

28. Hulle sal nie langer ’n prooi vir die nasies wees nie en die diere van die aarde sal hulle nie verslind nie, maar hulle sal veilig bly en niemand sal hulle bang maak nie.

29. Ek sal vir hulle ’n plantasie van vrede oprig en hulle sal nie weer slagoffers wees van hongersnood in die land nie en hulle sal nie meer die beledigings van die nasies hoef te verdra nie,

30. dan sal hulle weet dat Ek, יהוה, hulle God, by hulle is en dat hulle, die huis van Yisra’el, My volk is,” verklaar יהוה-God.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 34