Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 34:12-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Soos ’n herder vir sy trop skape sorg op die dag wanneer hy tussen sy verstrooide skape is, so sal Ek vir My skape op ’n bewolkte en donker dag sorg en hulle bevry uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is.

13. Ek sal hulle uitbring uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land en Ek sal hulle voed op die berge van Yisra’el, by die strome en in al die bewoonde plekke van die land.

14. Ek sal hulle in ’n goeie weiveld voed en hulle weiplek sal op die berghoogtes van Yisra’el wees. Daar sal hulle lê op goeie weiplek en eet in ryk weivelde op die berge van Yisra’el.

15. Ek sal self My skape voed en Ek sal hulle laat rus,” verklaar יהוה-God.Luk 19:10 die verstrooides terugbring, die beseerdes verbind en die siekes versterk; Ek sal die vettes en die sterkes beskerm en Ek sal hulle voer met regverdige oordeel.

16. Ek sal die wat verlore is soek,

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 34