Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 33:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, praat met die seuns van jou volk en sê vir hulle: ‘As Ek ’n swaard oor ’n land bring en die mense van die land neem een man vanuit hulle midde en maak hom hulle wag

3. en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas op die ramshoring en waarsku die mense;

4. dan sal hy wat die geluid van die ramshoring hoor, maar hom nie laat waarsku nie en ’n swaard kom en hom wegvat, se bloed op sy eie kop wees.

5. Hy het die geluid van die ramshoring gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie; sy bloed sal op homself wees, maar as hy hom laat waarsku het, sou hy sy lewe gered het.

6. As die wag egter die swaard sien kom en nie die ramshoring blaas nie, die mense nie gewaarsku word nie en ’n swaard kom en vat ’n persoon vanuit hulle weg, word hy gevat deur sy oortredinge, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag opeis.’

7. Wat jou betref, seun van ’n mens, Ek het jou as wag oor die huis van Yisra’el aangestel; jy sal ’n boodskap uit My mond hoor en hulle namens My waarsku.

8. Wanneer Ek aan die bose sê: ‘O bose man, jy sal sekerlik sterf,’ en jy praat nie om die bose oor sy pad te waarsku nie, dan sal daardie bose man deur sy oortredinge sterf, maar sy bloed sal Ek van jou hand opeis.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 33