Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 3:6-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. nie na baie volke wat ’n onverstaanbare spraak of moeilike taal het nie, wie se woorde jy nie kan verstaan nie, maar Ek het jou gestuur na hulle wat na jou behoort te luister en dit te doen;

7. tog sal die huis van Yisra’el nie gewillig wees om na jou te luister en dit te doen nie, aangesien hulle nie na My wil luister en dit doen nie. Die hele huis van Yisra’el het sekerlik ’n harde voorkop en is eiewillig.

8. Let op, Ek het jou gesig net so hard gemaak soos hulle gesigte en jou voorkop so hard soos hulle voorkoppe.

9. Ek het jou voorkop soos ’n diamant, harder as flint, gemaak. Moenie vir hulle bang wees of ontsteld wees voor hulle nie, alhoewel hulle ’n rebelse huis is.”

10. Hy het verder vir my gesê: “Seun van ’n mens, neem al My boodskappe wat Ek vir jou sal sê, in jou verstand, wil en emosie op en luister mooi.

11. Gaan na die ballinge, na die seuns van jou volk en praat met hulle en sê vir hulle, of hulle luister en dit doen of nie: ‘So sê יהוה-God.’”

12. Toe het die Gees my opgelig en ek het ’n groot dreunende geluid agter my gehoor: “Geseënd is die lof, eer en aanbidding van יהוה in Sy plek!”

13. Ek het die geluid gehoor van die vlerke van die lewende wesens wat aan mekaar raak en die geluid van die wiele langs hulle, ’n groot dreunende klank.

14. Die Gees het my opgelig en my weggevat en ek het verbitterd in die woede van my gees gegaan en die hand van יהוה was sterk op my.

15. Toe het ek by die ballinge gekom wat in Tel-Aviv, langs die K’varrivier gebly het en ek het sewe dae lank daar gesit by die plek waar hulle gebly het en konsternasie tussen hulle veroorsaak.

16. Aan die einde van sewe dae het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

17. “Seun van ’n mens, Ek het jou as wagter vir die huis van Yisra’el aangestel; wanneer jy ook al ’n boodskap uit My mond hoor, moet jy hulle namens My waarsku.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 3