Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 26:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die elfde jaar, op die eerste van die maand, het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, omdat Tzor aangaande Yerushalayim gesê het: ‘Aha, die poort van die volke is gebreek; dit het na my toe oopgemaak; ék sal vol word, sy is in puin gelê;’

3. daarom, so sê יהוה-God: ‘let op, Ek is teen jou, o Tzor en Ek sal baie nasies teen jou bring, soos die see sy golwe opstoot.

4. Húlle sal die mure van Tzor verwoes en haar torings afbreek en Ek sal haar puin van haar af wegvee en haar ’n kaal rots maak.

5. Sy sal binne-in die see ’n plek wees vir nette om te droog, want Ek het gepraat,’ verklaar יהוה-God; ‘en sy sal ’n buit vir die nasies word.

6. Haar dogters wat op die land is, sal ook met die swaard neergeslaan word en hulle sal weet dat Ek יהוה is,’”

7. want so sê יהוה-God: “let op, Ek sal N’vukhadnetzar, koning van Bavel, koning van konings, met perde, strydwaens, perderuiters en ’n groot weermag van die noorde af teen Tzor bring.

8. Hy sal jou dogters op die vasteland met die swaard doodmaak, beleëringsmure teen jou opstel, ’n wal teen jou gooi en ’n groot skild teen jou oprig.

9. Hy sal die slag van sy stormram teen jou mure draai en jou torings met sy byle afbreek.

10. As gevolg van die menigte van sy perde sal hulle stofwolk jou toedek; jou mure sal bewe deur die geraas van perderuiters, wiele en strydwaens as hy deur jou poorte ingaan, soos ’n mens ’n stad binnegaan wat oopgebreek is.

11. Hy sal met die hoewe van sy perde al jou strate vertrap; jou mense sal hy met die swaard doodmaak en jou sterk klippilare sal op die grond val.

12. Hulle sal ook ’n buit maak van jou rykdom en jou koopware roof, jou mure afbreek en jou aangename huise vernietig en hulle sal jou klippe, jou houte en jou puin in die water gooi.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 26