Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 24:11-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Laat dit dan leeg op sy kole staan dat dit warm kan wees en sy koper kan gloei en sy vuilheid kan smelt in hom, sy roes verteer word.

12. Sy het My moeg gemaak met ywer, nogtans het haar baie roes nie van haar af weggegaan nie; haar roes moet in die vuur!

13. Omdat jy jouself vuil gemaak het deur onsedelikheid en omdat Ek jou gereinig het, maar jy nie gereinig is van jou vuilheid nie, sal jy nie weer gereinig word totdat Ek My toorn op jou laat rus het nie.

14. Ek, יהוה, het gepraat; dit kom en Ek sal optree. Ek sal nie toegee nie, Ek sal nie jammer kry of berou hê nie; volgens jou lewenswyse en volgens jou optrede sal Ek jou oordeel,” verklaar יהוה-God.

15. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

16. “Seun van ’n mens, let op, Ek is op die punt om die begeerte van jou oë van jou af weg te vat met ’n slag, maar jy sal nie rou of huil nie en jou trane sal nie kom nie.

17. Kreun in stilte; rou glad nie oor die wat dood is nie; bind jou tulband aan en trek jou skoene aan jou voete; moenie jou snor bedek en die brood van die mense eet nie.”

18. Ek het in die oggend met die mense gepraat en in die aand het my vrou gesterf; in die oggend het ek gedoen soos ek beveel is.

19. Die mense het vir my gesê: “Wil u ons nie vertel wat hierdie dinge wat u doen vir ons beteken nie?”

20. Toe het ek hulle geantwoord: “Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:Yir 52:13-23

21. ‘Sê vir die huis van Yisra’el: “So sê יהוה-God: ‘Let op, Ek is op die punt om My Afgesonderde Plek te onteer, die trots van julle krag, die begeerte van julle oë en die vreugde van julle lewe en julle seuns en julle dogters wat julle laat agterbly het, sal deur die swaard val.

22. Julle sal doen soos ek gedoen het; julle sal nie die snor bedek en die brood van die mense eet nie.

23. Julle tulbande sal op julle koppe wees en jul skoene aan julle voete. Julle sal nie rou of huil nie, maar julle sal wegteer in julle oortredinge en julle sal kreun teenoor mekaar.

24. So sal Yegezk’el vir julle ’n teken wees; volgens alles wat hy gedoen het, sal julle doen; wanneer dit kom, sal julle weet dat Ek יהוה-God is.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 24