Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 23:35-49 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. יהוה-God sê daarom: ‘Omdat jy My vergeet het en My agter jou rug weggegooi het, dra nou die straf van jou onsedelikhede en jou hoererye.’”

36. יהוה het nog meer vir my gesê: “Seun van ’n mens, wil jy Oholah en Oholivah oordeel? Verklaar dan aan hulle hul verwerplikhede,Deut 18:10

37. want hulle het owerspel gepleeg en daar is bloed aan hulle hande. So het hulle owerspel gepleeg met hulle afgode en selfs hul seuns, waaraan hulle vir My geboorte gegee het, deur die vuur laat loop, as kos.

38. Hulle het verder ook dit aan My gedoen: hulle het My Afgesonderde Plek op dieselfde dag verontreinig en My Shabbatte onteer,

39. want wanneer hulle hul kinders vir hulle afgode geslag het, het hulle op dieselfde dag in My Afgesonderde Plek ingegaan om dit te onteer en let op, dit het hulle binne-in My huis gedoen.

40. Verder het hulle vir manne wat van ver gekom het, gestuur, aan wie ’n boodskapper gestuur is en let op, hulle het gekom vir wie jy jou gewas, jou oë geverf en jouself met juwele versier het

41. en jy het op ’n pragtige bank gesit met ’n tafel wat voor dit reggemaak is waarop jy My wierook en My olie neergesit het.

42. Die klank van ’n sorgelose menigte was by haar; dronkaards is vanuit die wildernis gebring saam met gewone manne. Hulle het armbande aan die vroue se hande gesit en pragtige krone op hulle koppe.

43. Toe het Ek aangaande haar wat uitgemergel is deur hoererye gesê: ‘Sal hulle nou owerspel pleeg met haar wat só is?’

44. Hulle het egter by haar ingegaan soos ’n mens ingaan by ’n hoer; só het hulle ingegaan by Oholah en Oholivah, die onsedelike vroue.

45. Onpartydige en opregte manne sal hulle oordeel volgens die oordeel op owerspeelsters en volgens die oordeel op vroue wat bloed vergiet, want hulle is owerspeelsters en bloed is aan hulle hande,

46. want so sê יהוה-God: ‘Bring ’n groep op teen hulle en gee hulle oor aan verskrikking en plunder.

47. Die groep moet hulle met klippe stenig en hulle met hul swaarde afmaai; hulle sal hulle seuns en dogters doodmaak en hulle huise met vuur verbrand.

48. So sal Ek onsedelikheid laat ophou in die land sodat alle vroue gewaarsku is en nie onsedelikheid beoefen soos wat julle gedoen het nie.

49. Julle onsedelikheid sal op julle vergeld word en julle sal die straf daarvan om afgode te aanbid dra; so sal julle weet dat Ek יהוה-God is.’”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 23