Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 22:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Let op, die heersers van Yisra’el was in jou, elkeen volgens sy krag, was in jou met die doel om bloed te vergiet.

7. Hulle het vader en moeder in jou ligtelik behandel, die vreemdeling in jou onderdruk; die wees en die weduwee in jou onregverdig behandel.

8. Jy het My afgesonderde dinge geminag en My Shabbatte onteer.

9. Kwaadsprekers was daar in jou met die doel om bloed te vergiet en by jou het hulle op die bergplekke geëet en onkuishede in jou midde gedoen.

10. Hulle het die skaamte van die vader se naaktheid in jou ontbloot; in jou het hulle haar wat onrein was deur maandstondelike onreinheid, onteer.

11. Een het ’n verwerplike ding gedoen met die vrou van sy naaste en ’n ander het sy skoondogter met onkuisheid onteer en ’n derde in jou het sy suster, sy vader se dogter, verneder.

12. Hulle het omkoopgeskenke in jou aangeneem om bloed te vergiet; jy het rente en winste gevat en jou naaste skade aangedoen deur hom te veel te laat betaal deur onderdrukking en jy het My vergeet,” verklaar יהוה-God.

13. Let dan op, Ek slaan My hand oor jou onregverdige wins wat jy gemaak het en oor jou bloedvergieting wat onder julle is.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 22