Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 22:13-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Let dan op, Ek slaan My hand oor jou onregverdige wins wat jy gemaak het en oor jou bloedvergieting wat onder julle is.

14. Kan jou binneste standhou of jou hande onveranderlik sterk wees in die dae wat Ek met jou sal handel? Ek, יהוה, het gepraat en sal dit doen.

15. Ek sal jou onder die nasies verstrooi en jou deur die lande versprei en Ek sal jou onreinheid uit jou uit verteer.

16. Jy sal jouself onteer voor die oë van die nasies en jy sal weet dat Ek יהוה is.”’”

17. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

18. “Seun van ’n mens, die huis van Yisra’el het vir My vuilgoed geword; hulle is almal koper, tin, yster en lood binne die smeltoond; hulle is die skuim van silwer;

19. daarom, so sê יהוה-God: ‘Omdat julle almal vuilgoed geword het, let op, Ek sal julle in die middel van Yerushalayim bymekaar maak.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 22