Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 21:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Die woord van יהוה het weer tot my gekom en gesê:

9. “Seun van ’n mens, profeteer en sê: ‘So sê יהוה.’ Sê: ‘’n Swaard, ’n swaard is skerp gemaak en gepoleer!

10. Skerp gemaak vir ’n groot slagting, gepoleer om te flits soos weerlig!’ Skerp gemaak om die familie van My Seun af te sny en elke ander tak te verwerp.

11. Ek het dit gegee om gepoleer te word sodat dit hanteer kan word; die swaard is skerp gemaak en gepoleer om dit in die hand van hom wat doodslaan te gee.

12. Skree uit en huil, seun van ’n mens, want dit is teen My volk, dit is teen al die amptenare van Yisra’el. Klap jou hande, want die katastrofe is geregverdig,

13. as die koninklike familie verwerp word, sal dit nie meer wees nie.” verklaar יהוה-God.

14. “Jy daarom, seun van ’n mens, profeteer en klap jou hande saam en laat die swaard drie maal verdubbel word, die swaard wat doodmaak. Dit is die swaard vir die groot doodmaak wat rondom hulle is,

15. dat hulle binneste kan smelt en baie val by al hulle poorte. Ek het die blinkende swaard gegee. Ag, dit is gemaak om soos weerlig te slaan, dit is toegedraai in gereedheid vir ’n slagting.

16. Hou styf vas met die regterhand; hou styf vas met die linkerhand, waarheen jou gesig ook al gerig is.

17. Ek sal ook My hande saam klap en My toorn bevredig; Ek, יהוה, het gepraat.”

18. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 21