Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 21:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. en sê vir die land van Yisra’el: ‘So sê יהוה: “Let op, Ek is teen jou en Ek sal My swaard uit sy skede trek en die regverdige en die bose oortreder van jou af afsny.

4. Omdat Ek die regverdige en die bose oortreder van jou sal afsny, daarom sal My swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees, vanaf die suide tot by die noorde.

5. So sal alle vlees weet dat Ek, יהוה, My swaard uit sy skede getrek het. Dit sal nie weer daarheen terugkeer nie.’”

6. “Wat jou betref, o seun van ’n mens, kreun van ’n gebroke binneste en bitter droefheid, kreun voor hulle oë.

7. Wanneer hulle vir jou sê: ‘Waarom kreun jy?’ moet jy antwoord: ‘As gevolg van die nuus wat kom en elke binneste sal smelt, alle hande sal slap word en elke gees sal flou word en al die knieë sal swak wees soos water.’ Let op, dit kom en dit sal gebeur, verklaar יהוה-God.”

8. Die woord van יהוה het weer tot my gekom en gesê:

9. “Seun van ’n mens, profeteer en sê: ‘So sê יהוה.’ Sê: ‘’n Swaard, ’n swaard is skerp gemaak en gepoleer!

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 21