Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 21:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, draai jou gesig na Yerushalayim en praat teen die afgesonderde plekke en profeteer teen die land van Yisra’el

3. en sê vir die land van Yisra’el: ‘So sê יהוה: “Let op, Ek is teen jou en Ek sal My swaard uit sy skede trek en die regverdige en die bose oortreder van jou af afsny.

4. Omdat Ek die regverdige en die bose oortreder van jou sal afsny, daarom sal My swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees, vanaf die suide tot by die noorde.

5. So sal alle vlees weet dat Ek, יהוה, My swaard uit sy skede getrek het. Dit sal nie weer daarheen terugkeer nie.’”

6. “Wat jou betref, o seun van ’n mens, kreun van ’n gebroke binneste en bitter droefheid, kreun voor hulle oë.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 21