Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 2:4-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Ek stuur jou na hulle wat hardkoppige en eiewillige kinders is en jy moet vir hulle sê: ‘So sê יהוה-God!’

5. Wat hulle betref, of hulle luister of nie, want hulle is ’n rebelse huis; hulle sal weet dat ’n profeet tussen hulle was.

6. Jy, seun van ’n mens, moenie vir hulle of vir hulle woorde bang wees nie, alhoewel distels en dorings by jou is en jy op skerpioene sit; moenie hulle woorde vrees nie en ook nie ontsteld wees oor hulle teenwoordigheid nie, want hulle is ’n rebelse huis.

7. Jy moet egter My woorde vir hulle sê, of hulle luister of nie, want hulle is rebels.Open 10:9

8. Nou jy, seun van ’n mens, luister en hoor wat Ek vir jou sê; moenie rebels wees soos daardie rebelse huis nie. Maak jou mond oop en eet wat Ek jou gee.”

9. Toe kyk ek en let op, daar is ’n hand na my toe uitgesteek en sowaar, daar was ’n boekrol in!

10. Toe Hy dit voor my uitsprei, was daar voorop en agterop geskryf en daar was klaagliedere, rou en smart op geskryf.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 2