Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 2:2-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Terwyl Hy met my praat, het die Gees in my gekom en my op my voete geplaas en ek het Hom met my hoor praat.

3. Toe sê Hy vir my: “Seun van ’n mens, Ek stuur jou na die seuns van Yisra’el, na ’n rebelse volk wat teen My gerebelleer het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot op hierdie dag toe.

4. Ek stuur jou na hulle wat hardkoppige en eiewillige kinders is en jy moet vir hulle sê: ‘So sê יהוה-God!’

5. Wat hulle betref, of hulle luister of nie, want hulle is ’n rebelse huis; hulle sal weet dat ’n profeet tussen hulle was.

6. Jy, seun van ’n mens, moenie vir hulle of vir hulle woorde bang wees nie, alhoewel distels en dorings by jou is en jy op skerpioene sit; moenie hulle woorde vrees nie en ook nie ontsteld wees oor hulle teenwoordigheid nie, want hulle is ’n rebelse huis.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 2