Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 18:6-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. nie afgodsoffers op die berge eet of sy oë opslaan na die afgode van die huis van Yisra’el of sy naaste se vrou onteer of naby ’n vrou kom tydens haar maandstonde nie;

7. as iemand geen persoon onderdruk nie, maar aan die skuldenaar sy waarborg teruggee; nie roof nie, maar sy brood gee vir die hongeres en die wat kaal is, met klere toemaak;

8. nie geld uitleen op rente of meer terugvat nie; as hy sy hand terughou van oortreding en ware oordeel uitspreek tussen man en man;

9. in My instellings en in My wette loop, deur getrou op te tree: hy is onpartydig opreg en sal sekerlik leef,” verklaar יהוה-God.

10. As hy geboorte gee aan ’n gewelddadige seun, wat bloed vergiet en enige van hierdie bose dinge doen;

11. wat afgodsoffers eet op die berge, sy naaste se vrou onteer,

12. wat die armes en behoeftiges onderdruk, sy naaste afpers, die waarborg nie teruggee aan sy eienaar nie, sy oë oplig na die afgode en verwerplike dinge doen,

13. geld uitleen met rente en meer vat; sal hy dan lewe? Hy sal nie lewe nie! Hy het al hierdie verwerplikhede gedoen, hy sal sekerlik doodgemaak word; sy bloed sal op homself wees.

14. As hy egter ’n seun het wat al die sondes sien wat sy vader gedoen het en nie dieselfde doen nie:

15. hy eet nie afgodsoffers op die berge en slaan nie sy oë op na die afgode van die huis van Yisra’el, of onteer die vrou van sy naaste nie;

16. verdruk niemand of hou ’n waarborg terug of roof nie, maar gee sy brood vir die hongeres en bedek die wat kaal is met klere;

17. hy weier nie om die armes te help nie en vat geen rente of meer nie, maar voer My wette uit en leef in My instellings; hy sal nie sterf vir sy vader se oortredinge nie, hy sal sekerlik leef.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 18