Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 17:9-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. “Sê: ‘So sê יהוה-God: “Sal dit floreer? Sal hy nie sy wortels uitruk en sy vrugte afsny sodat dit verdroog sodat al sy blare verdroog nie? Nie deur groot krag of deur baie mense kan dit weer van sy wortels af opgelig word nie.

10. Let op, alhoewel dit geplant is, sal dit floreer? Sal dit nie heeltemal verdroog sodra die oostewind dit vang, verdroog op die beddings waar dit gegroei het nie?”’”

11. Weer het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:2 Kon 24:10-25:30

12. “Sê nou vir die rebelse huis: ‘Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie?’ Sê: ‘Let op, die koning van Bavel het na Yerushalayim toe gekom, sy koning en sy prinse gevat en hulle na hom toe in Bavel gebring.

13. Hy het een uit die koninklike familie gevat en met hom ’n verbond gesluit en hom onder eed geplaas. Hy het ook die magtiges van die land weggevat

14. sodat die koninkryk in onderwerping sou wees en homself nie verhef nie, maar sy verbond sal hou sodat dit kan voortgaan.

15. Hy het egter teen hom gerebelleer deur sy afgevaardigdes na Mitzrayim te stuur sodat hulle vir hom perde en baie troepe sou gee. Sal hy suksesvol wees? Sal hy wat sulke dinge doen ontvlug? Kan hy inderdaad die verbond verbreek en ontvlug?

16. So waar as Ek leef,’ verklaar יהוה-God, ‘hy sal sekerlik, in die land van die koning wat hom op die troon gesit het, wie se eed hy geminag en wie se verbond hy verbreek het, in Bavel, sal hy sterf.

17. Farao, met sy groot leër en baie mense sal hom nie in oorlog help, as hulle walle opgooi en beleëringsmure bou om baie lewens af te sny, nie.

18. Hy het die eed geminag deur die verbond te verbreek en let op, hy het sy getrouheid belowe en tog al hierdie dinge gedoen; hy sal nie ontvlug nie.’”

19. יהוה-God sê daarom: “So waar as Ek leef, Ek sal sekerlik My eed wat hy geminag het en My verbond wat hy verbreek het op sy kop laat afkom.

20. Ek sal My net oor hom uitsprei en hy sal in My strik gevang word. Dan sal Ek hom na Bavel bring en daar in die oordeel met hom tree weens die ontrou daad wat hy teen My gepleeg het.

21. Al sy keur manne, in al sy afdelings, sal deur die swaard val en die oorlewendes sal na al die windstreke verstrooi word en julle sal weet dat Ek, יהוה, gepraat het.”

22. So sê יהוה-God: “Ek sal van die hoë top van die seder ’n steggie vat en dit insit; Ek sal van die heel boonste van sy jong takkies ’n sagte een afpluk en dit op ’n hoë en verhewe berg plant.

23. Op die hoë berg van Yisra’el sal Ek dit plant sodat dit takke kan voortbring en vrugte dra en ’n deftige seder word. Voëls van elke soort sal onder dit nes maak; hulle sal nes maak in die skaduwee van sy takke.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 17