Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 16:43-56 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

43. Omdat jy nie die dae van jou jeug onthou het nie, maar My woedend gemaak het met al hierdie dinge, let op, sal Ek daarenteen jou optrede op jou kop laat afkom,” verklaar יהוה-God “sodat jy nie hierdie onkuisheid bo en behalwe jou ander verwerplikhede sal doen nie.

44. Let op, elkeen wat spreekwoorde aanhaal, sal hierdie spreuk aangaande jou aanhaal en sê: ‘Soos die moeder, so ook die dogter.’

45. Jy is die dogter van jou moeder, wat ’n afsku gehad het aan haar man en haar kinders. Jy is ook die suster van jou susters, wat ’n afsku gehad het aan hulle mans en hulle kinders. Julle moeder was ’n Hittiet en julle vader ’n Emoriet.

46. Jou ouer suster is Shomron, wat noord van jou bly met haar dogters en jou jonger suster, wat suid van jou bly is S’dom met haar dogters.

47. Nogtans het jy nie slegs geleef volgens hulle lewenswyses en gedoen volgens hulle verwerplikhede nie, maar asof dit te min is, het jy in al jou optredes meer korrup opgetree as hulle.

48. So waar as Ek leef,” verklaar יהוה-God, “ S’dom, jou suster en haar dogters, het nie gedoen soos jy en jou dogters gedoen het nie.

49. Let op, dít was die skuld van jou suster S’dom: sy en haar dogters het arrogansie, oorvloed kos en sorgelose gemak gehad, maar sy het nie die armes en behoeftiges gehelp nie.

50. Hulle was suinig en het verwerplikhede voor My gedoen; daarom het Ek hulle verwyder toe Ek dit gesien het.

51. Verder het Shomron nie die helfte van jou sondes gedoen nie, want jy het jou verwerplikhede vermenigvuldig, meer as hulle. So het jy jou susters onskuldig laat lyk deur al jou verwerplikhede wat jy gedoen het.

52. Dra ook jou skande daarin dat jy die oordeel vir jou susters gunstig gemaak het. Deur jou sondes waarin jy meer verwerplik opgetree het as hulle, is hulle meer in die reg as jy. Ja, skaam jou ook en dra jou skande daarin dat jy jou susters onskuldig laat lyk het.

53. Nogtans sal Ek hulle gevangeskap herstel, die gevangeskap van S’dom en haar dogters, die gevangeskap van Shomron en haar dogters en saam met hulle, jou gevangeskap

54. sodat jy jou vernedering kan dra en skaam voel oor alles wat jy gedoen het toe jy vir hulle ’n troos geword het.

55. Jou susters, S’dom met haar dogters en Shomron met haar dogters, sal na hulle vorige toestand terugkeer en jy met jou dogters sal na julle vorige toestand terugkeer.

56. Soos die naam van jou suster S’dom nie van jou lippe gehoor is in die dag van jou trotsheid,

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 16