Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 16:23-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Toe het dit gebeur ná al jou booshede; ‘wee, wee jou!’” verklaar יהוה-God,

24. “dat jy vir jouself ’n afgesonderde plek en ’n hoë plek op elke dorpsplein gemaak het.

25. Jy het vir jouself ’n hoë plek by elke straatuitgang gebou en jou skoonheid verwerplik gemaak en jou bene uitgestoot vir elkeen wat verbygaan om jou hoererye te vermenigvuldig.

26. Jy het ook met die Mitzrayiete hoereer, jou wellustige bure en jou hoerery vermenigvuldig om My kwaad te maak.

27. Let nou op, Ek het My hand teen jou uitgestrek en jou rantsoene verminder en Ek het jou oorgegee aan die begeertes van hulle wat jou haat, die dogters van die F’lishtyne, wat hulle geskaam het oor jou onkuise optrede.

28. Meer nog, jy het gehoereer met die seuns van Ashur omdat jy nie bevredig was nie; jy het met hulle gehoereer en was steeds nie bevredig nie.

29. Jy het ook jou hoerery vermenigvuldig in die land van handelaars, die Kasdeërs, tog was jy ook daardeur nie bevredig nie.”

30. “Hoe smagtend is jou verstand, wil en emosie,” verklaar יהוה-God, “terwyl jy al hierdie dinge doen, die aksies van ’n hoer en rebelse vrou,

31. deurdat jy jou aanbiddingsplek aan die begin van elke pad bou en jou altare in elke straat opstel en tog was jy nie so slim soos ’n hoer wat ’n prys vra nie.

32. Jou owerspelige vrou, wat vreemdelinge vat in plaas van haar man!

33. Manne gee geskenke aan alle hoere, maar jy gee jou geskenke aan al jou minnaars om hulle om te koop om van alle kante af na jou toe te kom vir jou hoerery.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 16