Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 13:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, profeteer teen die profete van Yisra’el wat profeteer en sê vir dié wat vanuit hulle eie inspirasie profeteer: ‘Hoor en luister na die woord van יהוה!’

3. So sê יהוה-God: “Wee die dwase profete wat hulle eie gees volg en niks gesien het nie.

4. O Yisra’el, jou profete was soos jakkalse tussen puinhope.

5. Julle het nie in die bresse getree of die muur rondom die huis van Yisra’el gebou, om in die geveg te staan op die dag van יהוה nie.

6. Hulle sien valsheid en leuenagtige waarsêery, wat sê: ‘יהוה het verklaar,’ wanneer יהוה hulle nie gestuur het nie; tog verwag hulle die vervulling van die woord!

7. Het julle nie ’n vals visioen gesien en leuenagtige waarsêery gepraat toe julle gesê het: ‘יהוה verklaar,’ maar dit nie Ék is wat gepraat het nie?”’”

8. יהוה-God sê daarom: “Omdat julle valsheid gepraat en ’n leuen gesien het, daarom let op, Ek is teen julle,” verklaar יהוה-God.

9. So sal My hand wees teen die profete wat valse visioene sien en leuenagtige waarsêery uitspreek: hulle sal geen plek hê in die raadgewing van My volk en ook nie neergeskryf word in die register van die huis van Yisra’el en ook nie in die land van Yisra’el ingaan nie sodat julle kan weet dat Ek יהוה-God is.

10. Dit is beslis omdat hulle My volk mislei het deur te sê: “Vrede! wanneer daar geen vrede was nie en as enige een ’n muur bou, let op, dan pleister hulle dit oor met kalk.

11. Vertel vir hulle wat op so manier met kalk oorpleister dat dit afval, let op, Ek sal ’n geweldige reën bring wat alles sal wegvee; haelstene sal val en ’n gewelddadige wind sal waai.

12. Let op, wanneer die muur geval het, sal daar nie vir julle gevra word: ‘Waar is die pleister waarmee julle dit gepleister het?’ nie.”

13. יהוה-God sê daarom: “Ek sal ’n gewelddadige wind in My toorn laat uitbreek. Daar sal ook ’n oorstromende reën kom in My woede en haelstene om dit in toorn te verteer.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 13