Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 1:25-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Daar het ’n stem gekom van bo die uitgestrektheid wat oor hulle koppe was; wanneer hulle stil staan, het hulle hul vlerke laat sak.

26. Bokant die uitgestrektheid wat oor hulle koppe was, was daar iets wat gelyk het soos ’n troon, wat gelyk het soos lapis lazuli en op dit wat gelyk het soos ’n troon, ’n figuur wat gelyk het soos ’n mens.

27. Toe merk ek op dat vanaf Sy lendene opwaarts lyk dit na iets soos gloeiende metaal wat lyk soos vuur, reg rondom binne-in en vanaf Sy lendene ondertoe sien ek iets soos vuur en daar was ’n glans rondom Hom.Open 1:17

28. Soos die voorkoms van die reënboog in die wolke op ’n reëndag, so het die omringende glans gelyk. So was die voorkoms van die beeld van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה. Toe ek dit sien, het ek op my gesig geval en ’n Stem hoor praat.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 1