Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 1:19-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Wanneer die lewende wesens beweeg, beweeg die wiele saam met hulle en wanneer die lewende wesens oplig van die grond af, lig die wiele ook.

20. Waar hulle gees ook al heen wou gaan, in daardie rigting het hulle gegaan; die wiele het naby, langs hulle opgelig, want die gees van die lewende wesens was in die wiele.

21. Wanneer dié gaan, gaan hulle en wanneer dié stil staan, staan hulle stil en wanneer dié hulle van die grond af oplig, lig die wiele naby langs hulle op, want die gees van die lewende wesens was in die wiele.

22. Oor die koppe van die lewende wesens was daar iets soos ’n uitgestrektheid, soos die wonderbare skynsel van kristal, uitgesprei bo-oor hulle koppe.

23. Onder die uitgestrektheid was hulle vlerke reguit na mekaar, een na die ander uitgestrek; elkeen het ook twee vlerke gehad wat eenkant en anderkant hul liggame bedek het.Open 1:15; Open 14:2 die geluid van oproering, soos die klank van ’n leërkamp; wanneer hulle stil staan, het hulle hul vlerke laat sak.

24. Ek het ook die klank van hulle vlerke gehoor as hulle beweeg, soos die klank van baie waters, soos die stem van die Almagtige,

25. Daar het ’n stem gekom van bo die uitgestrektheid wat oor hulle koppe was; wanneer hulle stil staan, het hulle hul vlerke laat sak.

26. Bokant die uitgestrektheid wat oor hulle koppe was, was daar iets wat gelyk het soos ’n troon, wat gelyk het soos lapis lazuli en op dit wat gelyk het soos ’n troon, ’n figuur wat gelyk het soos ’n mens.

27. Toe merk ek op dat vanaf Sy lendene opwaarts lyk dit na iets soos gloeiende metaal wat lyk soos vuur, reg rondom binne-in en vanaf Sy lendene ondertoe sien ek iets soos vuur en daar was ’n glans rondom Hom.Open 1:17

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 1