Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 1:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Dit was hulle gesigte. Hulle vlerke was boontoe uitgesprei; elkeen het twee gehad wat aan ’n ander geraak het en twee wat hulle liggame bedek het.

12. Elkeen het reguit vorentoe gegaan; waar hul gees ook al heen gegaan het, het hulle gegaan, sonder om te draai as hulle gaan.

13. In die middel van die lewende wesens was daar iets wat gelyk het soos brandende kole van vuur, soos fakkels wat heen en weer tussen die lewende wesens spring. Die vuur was helder en weerlig het uit die vuur geslaan.

14. Die lewende wesens het heen en weer gehardloop, soos weerligstrale.

15. Soos ek na die lewende wesens kyk, let op, was daar een wiel op die grond langs die lewende wesens, vir elkeen van die vier van hulle.

16. Die voorkoms van die wiele en hulle vakmanskap was soos skitterende beril en al vier het dieselfde vorm gehad; hulle voorkoms en hulle vakmanskap was asof daar een wiel binne-in ’n ander was.

17. Wanneer hulle beweeg, het hulle in enige van hulle vier rigtings beweeg sonder om te draai as hulle beweeg.

18. Hulle vellings was verhewe en wonderbaar en al vier se vellings was vol oë reg rondom.

19. Wanneer die lewende wesens beweeg, beweeg die wiele saam met hulle en wanneer die lewende wesens oplig van die grond af, lig die wiele ook.

20. Waar hulle gees ook al heen wou gaan, in daardie rigting het hulle gegaan; die wiele het naby, langs hulle opgelig, want die gees van die lewende wesens was in die wiele.

21. Wanneer dié gaan, gaan hulle en wanneer dié stil staan, staan hulle stil en wanneer dié hulle van die grond af oplig, lig die wiele naby langs hulle op, want die gees van die lewende wesens was in die wiele.

22. Oor die koppe van die lewende wesens was daar iets soos ’n uitgestrektheid, soos die wonderbare skynsel van kristal, uitgesprei bo-oor hulle koppe.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 1