Ou Testament

Nuwe Testament

Tz'fanyah 2:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die K’retiërs! Die boodskap van יהוה is teen julle, Kena’an, land van die F’lishtyne en Ek sal jou vernietig sodat daar geen inwoner sal wees nie.

6. So sal die seekus weiveld wees, met grotte vir herders en krale vir troppe.

7. Die kus sal wees vir dié van die huis van Y’hudah wat oorgebly het, hulle sal daarop wei. In die huise van Ashkelon sal hulle in die aand gaan lê, want יהוה, hulle God, sal vir hulle sorg en hulle voorspoed herstel.

8. Ek het die gespot van Mo’av gehoor en die skimpe van die seuns van `Ammon, waarmee hulle My volk gespot het en arrogant teen hulle gebied geword het;

9. daarom, so waar as Ek leef,” verklaar יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Mo’av sal wees soos S’dom en die seuns van `Ammon soos `Amora; ’n plek oorgeneem deur brandnetels en soutpanne en ’n ewige verlatenheid. Die wat oorbly van My volk sal hulle plunder en dié wat oorbly van My nasie sal hulle erf.”

Lees volledige hoofstuk Tz'fanyah 2