Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8:24-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Toe daar nog geen dieptes was nie, is ek gebore; toe daar geen fonteine, oorlopens met water, was nie.

25. Voordat die berge gevestig is, voor die heuwels gevorm is, is ek gebore

26. terwyl Hy nog nie die aarde, die valleie of die beste grond van die wêreld gemaak het nie.

27. Toe Hy die hemele vasgestel het, was ek daar; toe Hy ’n kring afgetrek het op die oppervlakte van die dieptes;

28. toe Hy die wolke daarbo gevestig het, toe Hy die fonteine van die dieptes versterk het;Ps 104:5,9

29. toe Hy vir die see sy grens gestel het sodat die waters nie Sy bevel sou oortree nie; toe Hy die fondasies van die aarde neergelê het,

30. het ek dit saam met Hom vasgestel en ek was daagliks Sy genot, altyd in vreugde voor Sy Teenwoordigheid,

31. laggend en spelend op Sy bewoonbare aarde en my vreugde was in die seuns van die mens.

32. Luister, hoor en doen wat ek sê, seuns, want geseënd is hulle wat my lewenswyse navolg.

33. Luister, hoor en doen die instruksies en wees wys en moenie afdwaal nie.

34. Geseënd is die man wat na my luister, dit hoor en doen, daagliks wakend by my poorte, wagtend by my deurpos,

35. want my doelstellings is die dinge van die lewe, hulle verkondig die wil van יהוה.

36. Hulle wat teen My sondig, benadeel hul eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.”

Lees volledige hoofstuk Spreuke 8