Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 6:1-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. My seun, as jy vir jou vriend borg gestaan het, met ’n vreemde hand geskud het,Spr 11:15; Spr 17:18; Spr 20:16-17

2. dan is jy verstrik in die woorde van jou mond, gevang deur die woorde van jou lippe,

3. doen nou dit, my seun en bevry jouself, want ter wille van jou vriend, het jy in die hande van jou vyande geval; gaan daarom en wek jou vriend op om sy verpligting na te kom,

4. moenie jou oë slaap of jou ooglede sluimering gee nie.

5. Bevry jouself soos ’n wildsbok uit die strik en soos ’n voël uit die hand van ’n voëlvanger.

6. Wees soos die mier, luiaard, oorweeg sy lewenswyse en wees wys!

7. Alhoewel sy geen oes het, of ’n aanvoerder oor haar het nie en ook niemand om te lei nie,

8. voorsien sy haar brood in die somer en samel die kos in in die oestyd.

9. Hoe lank sal jy slaap, luiaard, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?

10. Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande-vou oor die bors;

11. so kom armoede oor jou en benoudheid sal jou inhaal soos ’n gewapende man.

12. ’n Dwaas, ’n boosdoener is gewetenloos,Ps 35:19; Spr 16:30

13. wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;

14. wat pervers is in sy verstand, wil en emosie, wat altyd boosheid beplan en tweedrag saai;

15. daarom sal sy katastrofe skielik kom, skielik sal hy gebroke wees sonder genesing.

16. Daar is ses dinge wat יהוה haat, ja, die sewende is vir Hom verwerplik:

Lees volledige hoofstuk Spreuke 6